CommunityEntertainmentLocal newsRegional News

Stralende finalis in Top 30 van Mrs. SA skoonheidskompetisie!

Michelle du Plessis van Delaryville is gekies as een van die Top 30 finaliste in die nasionale skoonheidskompetisie, wat op 5 Julie plaasgevind het.

Op 5 Julie, het ‘n opwindende gebeurtenis plaasgevind toe die Top 30 finaliste vir ‘n nasionale skoonheidskompetisie bekendgestel is. Die uitstalling het talle ondersteuners en deelnemers gelok, en is deur kenners as ‘n groot sukses beskou.

Een van die hoogtepunte van die aand was die bekendstelling van die finaliste wat deur die beoordelaars gekies is. Onder hulle is Michelle du Plessis van Delaryville, wat in Potchefstroom studeer het, en wat  vir haar elegante voorkoms en styl opgemerk is.

Ondersteuners en lede van die gemeenskap wat hul gunsteling deelnemers wil ondersteun, kan vanaf môre aand stem. Om te stem, stuur die naam en van van die deelnemer na 47587. Elke SMS kos R3, en gratis SMS’e geld nie vir hierdie stemming nie.

Die uiteindelike wenner van die kompetisie sal in November aangekondig word. Besighede wat belangstel om die finaliste se reis te borg, word uitgenooi om kontak te maak vir meer inligting.

Jose De Canha van Potchefstroom het spesiaal vir die geleentheid ‘n pragtige aandrok ontwerp vir Michelle du Plessis, wat haar natuurlike skoonheid en selfvertroue mooi beklemtoon het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Jade Sateria

I am Jade Sateria, a seasoned journalist with expertise in investigative reporting, feature writing, and multimedia storytelling. My skills include in-depth research, compelling narrative creation, and data analysis. I have 6 years of experience in journalism, social media marketing and developing communications paradigm.

Related Articles

Back to top button