Rooy Food Market wag weer Sondag vir jou
Al is jy nie honger nie is daar onder andere model karretjies, houtmodelle en kralewerk, 'n verskeidenheid klere en vetplante te koop.
Die immer gewilde Rooy Food Market, sal weer komende naweek aangebied word.
Dié mark wat op Sondag, 26 Oktober tussen 10:00 en 15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat plaasvind is gratis om by te woon. Selfs jou troeteldiere kan jou na die mark vergesel.
Daar is iets van alles vir almal om te doen. Die gewilde “Car Boot” verkoping is weer daar terwyl daar Granadilla gin ‘on tap’ beskikbaar gaan wees vir die mammas.
Vir die klein span sal daar ‘n verskeidenheid vermaak wees, van ponieritte na die groot ‘bubble house’ vol balonne waar hulle kan speel.
Vir iets te eet is daar om van te kies en keur van vars kruie en speserye na, nageregte, burgers, jaffels en Indiese kookkuns deur Sumi’s kitchen.
Soek jy na Sondagmiddagete, dan is daar ook Maleise lamskerrie en beesstert met sampmielies of groente. Verskeie tuisgemaakte souse en konfyte is ook altyd beskikbaar.
Lus vir iets vinnig kom loer in en kry vir jou ‘n mini olie-bol, geurige koffie, traditionele pannekoek, outydse lewerkoekie of lekker bazaar poeding.
Al is jy nie honger nie is daar onder andere model karretjies, houtmodelle en kralewerk, ‘n verskeidenheid klere en vetplante te koop.
Die volgende mark sal eers weer op 30 November plaasvind plaasvind.
Skakel Tania by 079 9182092 vir enige navrae oor stalletjies of per e pos : hullabaloo.decorhire@gmail.com
Bly ingelig met die nuutste en en besoek die mark se Facebook blad – Rooy Food Market



