High SchoolLocal news

Mnr. en Mej. Gimmie 2025 word gekroon

Paul Greyling en Carmien Coetzee is as Mnr. & Mej. Gimmie aangewys.

Potchefstroom Gimnasium het onlangs Mnr. & Mej. Gimmie 2025 by ‘n glansgeleentheid vol styl, persoonlikheid en gees aangekondig.

“Wat ‘n ongelooflike aand vol styl, talent en saamsing met Droomsindroom! Ons het die sterre van Gimmies sien skitter. Wat ‘n voorreg om so ‘n dinamiese, lewenslustige groep jongmense mense as deel van die Gimmie-familie te kan hê,” het die skool oor die glansaand uitgebrei.

‘n Groot applous vir ons nuwe Mnr. & Mej. Gimmie – Paul Greyling en Carmien Coetzee. Geluk ook aan die volgende deelnemers wat uitgeblink het in hul onderskeie kategorieë:

  • Persoonlikheid: Oarabile “Bolt” Koena
  • Persoonlikheid: Karmi Geldenhuys
  • Fotogenies: Zach de Jager
  • Fotogenies: Carmien Coetzee
  • Debutant (meeste borggeld ingesamel): Stephané Hook
  • & Mej. Liefdadigheid: Paul Greyling & Anienke Herbst
  • 2de Prins: Ruhann Steenkamp
  • 1ste Prins: Zach de Jager
  • Gimmie 2025: Paul Greyling
  • 2de Prinses: Mathilda Liebenberg
  • 1ste Prinses: Karmi Geldenhuys
  • Gimmie 2025: Carmien Coetzee

“Baie geluk aan elke deelnemer, julle het die skool trots gemaak. Dankie aan ons gehoor en borge wat hierdie aand so spesiaal gemaak het. Dankie aan juffrou Antonique en haar span – René, Minke, Leandri en Carla vir julle harde werk. Dankie aan meneer Hennie, wat saam met juffrou Antonique, ons seremoniemeester was.”

Kyk na die fotos hier: 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button