SportSport

Historiese liga oorwinnings vir Gimmies krieket

Gimmies maak geskiedenis toe beide hul A-spanne en die o.15B span die Noordwes-liga wen.

Gimmies het vanjaar geskiedenis gemaak toe beide hul A-spanne die Noordwes-krieketliga gewen het.

Volgens Jandré Jacobs, direkteur van krieket by die skool, is die prestasie ’n groot mylpaal vir Gimmies-krieket.

“Dit is die eerste keer sedert die liga in 2013 verander het dat ons met albei ons A-spanne die titel inpalm. Dit wys die ongelooflike diepte en gehalte van ons spelers,” het Jacobs gesê.

Die o.15A-span is as die Noordwes-wenners vir 2025 aangewys nadat hul wedstryd teen Rustenburg weens reën en ’n nat blad gekanselleer is. Die span het onoorwonne deur die liga gevorder en al hul wedstryde gewen.

Gimmies se eerstespan het ’n sterk vertoning gelewer toe hulle Rustenburg met 91 lopies verslaan het. Rustenburg is vir 94 uitgeboul, terwyl Gimmies 185 lopies aangeteken het.

Uitblinkers:

  • Luan Prinsloo (55)

  • Juhan Naudé (36)

In die Noordwes-o.15B-ligafinaal het Gimmies vir Volkies met 52 lopies geklop. Gimnasium het 185 lopies aangeteken teen Volkies se 133.

DIe o.15B span het ook die liga gewen.

Boulhoogtepunte:

  • Ruben Els: 3/24

  • Markus Jordaan: 3/43

  • Henré Cronje: 2/13

  • Damian Kruger: 2/20

Topkolwers:

  • Christivan Coetzer: 53*

  • Ulrich Botha: 37

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button