Arabella, van SA tot Verenigde Koninkryk
Sneeu in Ceres en Sneeu in Londen in dieselfde week? Verlede week? En sneeuweer en sneeumanne = MERLOT! Arabella wyne word uitgevoer na 40 verskillende lande, maar wat ‘n voorreg om dit in Suid-Afrika op eie bodem...uit eie bodem...te kan geniet. Teen R40 ‘n bottel Merlot gaan jy ver moet reis vir ‘n sagter glas rooi...

Sneeu in Ceres en Sneeu in Londen in dieselfde week? Verlede week?
En sneeuweer en sneeumanne = MERLOT! Arabella wyne word uitgevoer na 40 verskillende lande, maar wat ‘n voorreg om dit in Suid-Afrika op eie bodem…uit eie bodem…te kan geniet. Teen R40 ‘n bottel Merlot gaan jy ver moet reis vir ‘n sagter glas rooi…
So vertel ‘n Pommie uit Londen, dat sy Arabella se Merlot by die Naked Wine Club (nogal) op ‘n maandelikse basis bestel. Want, reken sy, dit is ’n fabulous wine at a very affordable price… My nuuskierigheid neem oor en ek vra haar oor die fabulous wine at a very affordable price…en ek vra….en sy sê… About £7-9… Ek Google die rand/ pond verhandeling…
1:21…
R147 – R189 vir my R40 bottel Merlot! Ek sug…maar van verligting. Ek kan amper vier glase drink en die Pommie net 1…Ek kan daai vier glase Merlot geniet op ‘n somersaand…’n Somerskersfees…Ek betaal met ‘n glimlag…en ek glimlag breed. Want ek ruik pruim en ek proe swartbessie…die hint of koffie en sjokolade maak my opgewonde. Die ferm struktuur en sagte laaaaang einde…sug…. Die Pommies sluk daai mooi Merlot swaarder…met sneeu…en ‘n wit Krismis…en ‘n overdraft…en ek glimlag weer… En ek is dankbaar…ek klink nog ‘n glas Merlot…en ek weet…ek is op Afrika bodem…land van melk en heuning en Merlot.
Vraag: Wat is jou gunsteling tyd van die jaar om ’n Merlot te geniet? Stuur jou antwoord, naam, van en telefoonnommer na maryke.vanheerden@media24.com en wie weet, jy kan dalk ons volgende gelukkige wenner wees. Kompetisie sluit Maandag 30 November 20:00.



