CommunityPhoto Galleries
Bikers maak die kinders se harte bly en magies vol
Die Potch Bulldogs het Saterdag hulle jaarlikse Charity Run gehou.

Die Potch Bulldogs het Saterdag hulle jaarlikse Charity Run gehou.
Bikers van so ver as Pretoria het hulle ysterperde opgesaal om dit by te woon. Die dag was ten bate van Abraham Kriel Kindersorg, Ons Hulde Ouetehuis en Mzwabantu Child Care.
Professionele EFC vegter, Martin The Punisher van Staden het ook ’n draai gemaak om vir die kinders geskenke uit te deel. Twee bekende gesigte van 7de Laan, Christo Davids en Markus Haywood het ook kom draai om die dag saam met die kinders te geniet. Potchefstroom Spur het weer gesorg dat die kinders die dag lekker kon eet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








