CommunityPhoto GalleriesSponsored

Waarom is Farmfed se A-graad verpakte vleis so anders?

Elke kliënt wat Farmfed varsverpakte vleisprodukte op ‘n braaier sit, kan met ‘n geruste hart sê dat hulle biefstukke (steaks) die sagste en hul wors die sappigste om die vuur is!

Hierdie week word daar ondersoek ingestel om te kyk waarom die Farmfed vars vleisprodukte by Oupa’s Deli so anders lyk, proe en beslis anders as die normale vleisprodukte is.
Elke kliënt wat Farmfed varsverpakte vleisprodukte op ‘n braaier sit, kan met ‘n geruste hart sê dat hulle biefstukke (steaks) die sagste en hul wors die sappigste om die vuur is! Farmfed vars vleissnitte bereik braaiers nadat dit op ‘n kundige en gespesialiseerde voorbereidingsreis gegaan het. Hierdie vleisverwerkingsfasiliteite het die kapasiteit, al die perfekte omstandighede en die regte toerusting om hul heel beeskwarte vir ten minste 21 dae te laat verouder voordat die bekende braaisnitte met ‘n bekwame hand geselekteer word.


Met verdere ondersoek kan talle ander redes vir die perfek verpakte vleis in hierdie deli ontdek word: Elke Farmfed snit word individueel, per hand voorberei en sorgvuldig skoongemaak van enige beensaagsels, wat die rakleeftyd van produkte selfs by die huis in die yskas verleng.

 

Farmfed snitte is altyd top-klas op die braai omdat hul biefstukke standaard 3cm dik gesny word en daar altyd vars spesialiteitssnitte soos hul bekende Tomahawk Steak, Fillet on the Bone en Fillet Espetada beskikbaar is. Bewyse van die noukeurigste voorbereiding word spesifiek opgelet in alle filet snitte, waar selfs die fynste senings verwyder word, wat verseker dat kliënte slegs vir die hoogste gehalte vleis betaal. Nog Farmfed produkte wat die voorbereiding van vleis laat uitstyg, is die Stir-fry en Goulash blokkiesvleis, wat geen senings het nie en gesny word van reeds verouderde vleis – dìt plaas die waarborg van sagte happies op kliënte se tuisgemaakte disse. Nie net kan perfekte biefstukke en Stir-fry Potchefstroom se gesinne bereik nie, maar ook standaard 2cm dik vark- en skaaptjops. Farmfed is bekend vir hul spesialiteitsnitte en die unieke voorbereiding van hul Pork Spare Rib en Pork Belly is net een van die stories wat daar is om te vertel. ‘n Ekstra dik, ekstra sappige Pork Spare Rib word moontlik gemaak deur die Pork Belly vleis en krakerige vel wat nie verwyder word van die snit nie. Die vet marmering strek regdeur tot op die been. Die
Pork Belly snit op sy eie het ook ‘n noemenswaardige voorbereidingsprosedure wat kundige snysels op die vel insluit – daarom is dit altyd sappig binne en krakerig buite.
Die eerste keuse van elke braai lê in hierdie handelsmerk se voorbereiding van hul braaiworse. Met drie topverkoper keuses kan niemand verkeerd gaan met Farmfed se bees braaiworse nie. Selfs die vleis vir die alledaagse braaiwors word per hand geselekteer uit A-graad snitte. Fynbeproefde, natuurlike resepte word gebruik om bykosse te komplementeer. Potch Herald se lesers word genooi om Saterdag, 13 Junie tussen 09:00 en 13:00 Farmfed se braaiworse gratis by Oupa’s Biltong & Vleisdeli in Walter Sisulu Rylaan in Potchefstroom te kom geniet.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button