CommunityEntertainmentLifestyleLocal news

Dienssentrum se 23ste wynfees ‘n reuse sukses

Almal wat die wynfees bygewoon het, het dit vreeslik geniet.

Die Dienssentrum se 23ste wynfees wat op 2 Augustus 2024 plaasgevind het, was ‘n reuse sukses.

Die fees word sedert 2002 elke jaar aangebied en hierdie jaar het 400 mense die fees bygewoon. Gaste kon vanaf 17:30 tot 19:30 van die 28 wynplase se wyne en selfs gin proe en kon self ook wyn koop. In die voorportaal was ‘n groot verskeidenheid van voorgeregte wat die gaste kon geniet. Die wynveiling het tot 21:00 aangehou en daarna was ‘n heerlike buffetete met nagereg, koffie en tee beskikbaar. Die dansvloer is geopen en gaste kon dans en kuier tot 24:00.

Engel en Völkers is sedert 2007 deel van die wynveiling. Hulle help om die nodige borge te kry en die wynveilingsgedeelde van die geleentheid aan te bied. Al die fondse is ten bate van Potchefstroom Dienssentrum.

Dr. Sanet Janse van Rensburg, direktuer van Potchefstroom Dienssentrum, sê die gemeenskap se welwillendheid kan nie gering geskat word nie.

“Potchefstroom spog met ‘n ongelooflike omgee gemeenskap. Potchefstroom Dienssentrum is nederig dankbaar vir die fondse wat Vrydagaand opgelewer is. Dit was ‘n heerlike aand met ‘n wonderlike atmosfeer. Vriende, familie en die gemeenskap het al te lekker gekuier. Soos altyd ‘n lekker wegbreek geleentheid vir oud en jonk. As direkteur van Potchefstroom Dienssentrum wil ek net weer uit my hart dankie sê vir almal se ondersteuning om so ‘n sukses te maak van ons wynfees.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button