Local newsSchool

Tokkies laat engelstemme hoor

Laerskool Mooirivier se junior- en seniorkoor het hulle harte uitgesing by die ATKV-Applous koorkompetisie.

Laerskool Mooirivier se junior- en seniorkoor het onlangs uitmuntende prestasies gevier nadat hulle by die ATKV-Applous koorkompetisie deelgeneem het.

Die juniorkoor het met trots op 7 Mei aan die ATKV-Applous deelgeneem.  Die koor bestaan uit n volle 105 juniors (Gr 1 -3).

Uitslae Vir Juniorkore was gister op 7 Augustus bekend gemaak waarvan Tokkies die trotse wenners is.

“Ons harte bars van trots om aan te kondig dat hulle ‘n eerste plek verower het met ‘n ongelooflike 87,5%,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

Met 292 deelnemende kore landswyd, is hierdie ‘n uitsonderlike en merkwaardige prestasie wat beslis herdenk moet word.

“Baie geluk aan Juffrou Michelle Hendriks, Catrien Wentink en Juffrou Lynette Smit en elke klein Tokkie met daardie pragtige engelstemme.”

Laerskool Mooirivier se juniorkoor.

Op Woensdag, 30 Julie het die Seniorkoor aan die ATKV-Applous Finaal deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

  • Laerskool-meriete-wenners: Afrikaans, met ‘n  punt van 89.89%
  •  Die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe lied
  • Die beste uitvoering van ’n Afrikaanse lied
  •  Die beste uitvoering van ’n Afrika-lied

Koorleier: Juf. Esmie Koornhof
Begeleier: Mev. Petro Coetzee

Skole kwalifiseer by die ATKV-Applous Streeksfees vroeer in die jaar waar skole in hul streke deelneem regoor Suid-Afrika.

Die finaal was vanjaar aangebied by die ZK Matthews-saal by UNISA in Pretoria.

Laerskool Mooirivier se seniorkoor.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button