Naelbyt-einde vir NW Groot-skole Interhoër
Hoërskool Rustenburg het die Inter-trofee gewen met KHS in tweedeplek en Gimmies in derdeplek.

Die Noordwes Groot-skole Interhoër het op ‘n spanningsvolle noot geëinding met die aflos-resies wat die dag afgesluit het.
Die o.19-aflosspanne was die toeskouer-gunstelinge met Gimmies se o.19 meisies wat eersteplek gekom het.

Klerksdorp Hoërskool se seun het te vroeg weggespring en daar was trane in vele atleet- en toeskouer se oë nadat KHS van die resies gediskwalifiseer is. Rustenburg se aflosspan was eerste in die Seuns o.19 resies.

Denika Jordaan van Wesvalia het die Junior Victrix Lodorum-titel ontvang, en KHS se Kogosing die Junior Victor Lodorum-titel.
Amagelang van KHS het met die Senior Victor Lodorum-titel weggestap en Wesvalia se Carli Visser met die Senior Victrix Lodorum-titel.
Carli Visser is ook as beste baan-atleet aangewys en Leandri De Wet van Rustenburg as beste veld-atleet.
Girls High het derde plek behaal met die geesbeker, Volkies tweede en KHS in die eersteplek.


En dan, die oomblik waarop almal gewag het: Wie het die Interhoër gewen?
Gimmies is in derdeplek met 1954.5 punte, KHS is in tweedeplek met 1966.5 punte en Hoërskool Rustenburg het bo alle verwagting die Inter-trofee gewen met 1997.5 punte.






