Local news

Kleurvol en kreatief: die NWU-studente haal uit en wys met JOOL-vlotte

Die vlotte is vandag, 17 Februarie by die NWU se Fanie-sportgronde uitgestal.

Elke NWU-student se droom is om deel te wees van die JOOLige vlotbouery tydens Januarie en Februarie elke jaar.

Die Dameskoshuise en Manskoshuise sleep saam en bou ook vlotte saam. Die slepe en dan ook bouspanne vir die jaar is as volg.

  • Eikenhof Dameskoshuis en Heimat Manskoshuis
  • Heide Dameskoshuis en Hombré Manskoshuis
  • Huis Republiek Dameskoshuis en Invictus Manskoshuis
  • Karlien Dameskoshuis en Over-de-Voor Manskoshuis
  • Kasteel Dameskoshuis en Soetdorings Manskoshuis
  • Klawerhof Dameskoshuis en Villagers Manskoshuis
  • Minjonet Dameskoshuis en Caput Manskoshuis
  • Oosterhof Dameskoshuis en Dennedorp Manskoshuis.
  • Wag-‘n-bietjie Dameskoshuis en Patria Manskoshuis
  • Vergeet-My-Nie Dameskoshuis en De Wilgers Manskoshuis
  • Wanda Dameskoshuis en Laureus Manskoshuis
  • Bellatrix Dameskoshuis en Excelsior Manskoshuis
  • Dinki Dameskoshuis en Veritas Manskoshuis
  • Lavaria Dameskoshuis en Ratau Manskoshuis

Die slepe het dae en, ja, nagte ook, saam geswoeg en gesweet en stel vandag, 17 Februarie 2024 tussen 8:00 en 13:00 hul vlotte aan die publiek bekend op die NWU Fanie-sportgronde.

Vlotte:

Die vlot beeld karakters vanuit die film ‘Trolls’ uit. Foto’s: Cornelia Hitge.
Die realistiese weergawe van Tarzan het baie aandag getrek.
Die karakter Shrek vanuit die alombekende en gewilde film-reeks ‘Shrek’.
Hierdie vlot meen slegs besigheid.
Die JOOLige monster hou ‘n bierblikkie vas.
Die ‘nuwe’ Studente-raad (SR).
Die Grinch wat gelukkig nie Kersfees gesteel het nie.
Die vlot beeld karakters vanuit die film-reeks ‘Finding Nemo’ uit.
Die arend herinner aan die NWU se Eagy.
Dit was ‘n wen-drie vir hierdie Springbok.
Hierdie vlot beeld karakters vanuit verskeie films uit.

Sosiaal:

Die dames van Minjonet Dameskoshuis besigtig die vlotte.
Die studente is omtrent uitgeput na al die harde werk en sukkel om wakker te bly.
Die dames samel geld in voor hul vlot.
Roomys om die Potch-hitte te beveg.
Die drie vriende rus na ‘n lang week.
Die dames het heerlik aan die spookasem gesmul.
Die dames is trots op al die harde werk wat in die bou van die vlotte ingegaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button