Local news

U3A nooi bejaardes na Vredefortkennis byeenkoms

RSVP voor of op 4 Maart 2024 om die U3A praatjie oor Vredefort se bome deur Naas Grové.

Die Universiteit van die Derde Era (U3A) nooi bejaardes in Potchefstroom uit om 8 Maart ‘n praatjie oor die bome in die Vredefortkoepel aangebied deur U3A en Naas Grové by te woon. Die praatjie sal om 10:00 in Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos in Paryslaan se kerksaal begin. U3A skep ‘n omgewing vir bejaardes om teen minimale koste sosiaal en verstandelik gestimuleer te word. Die Potchefstroom-tak is einde 2022 gestig en het slegs een soort aktiwiteit waar nie-lede uitgenooi word om dit by te woon. Hierdie aktiwiteit is lesings deur kenners op die gekose gebied waar toegang gratis vir beide lede en nie-lede is.
“Verlede jaar het Potch U3A verskeie praatjies oor die ontstaan en interessante aspekte van die Vredefortkoepel aangebied. Die reeks word nou afgesluit deur ‘n praatjie oor die bome van die Koepel,” vertel Maarten Venter, betrokke by U3A se Potchefstroom-tak.
“Die ‘lewe’ op aarde was waarskynlik op daardie stadium hoofsaaklik ‘n tipe groen alg gewees. Die ‘maanlandskap’ wat as gevolg van die meteorietimpak agtergelaat is, was moontlik woes en leeg. Die eerste landplante het eers ongeveer 470 miljoen jaar gelede ontstaan en dit wat ons vandag in die krater sien in terme van plantegroei is insgelyks baie anders as wat dit was net na die impak van die meteoriet. “Naas, tans voorsitter van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika gaan ons ‘n Dendrologiese reis (bome en die bewaring daarvan) van die ontwikkeling van die plante en bome deur die Vredefortbergland neem,” vertel Venter.
RSVP vóór of op Maandag 4 Maart by Ria Nel by 081 011 8121 of per e-pos by ria.nel.rn@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button