Local news

Volkies sweef verby Rustenburg in Finsbury A-liga

Volkskool se eerste krieketspan was gans te goed vir Rustenburg hierdie Sondag in hul Finsbury A-liga stryd.

Volkies se eerste krieketspan was weer in top vorm die afgelope Sondag (18 Februarie) in hulle Finsbury A-liga wedstryd teen Hoërskool Rustenburg op tuisveld.

Volkies se boulers het teveel skietgoed vir Rustenburg en boul hulle vir 128 uit om met 103 lopies te seëvier.

Dian Liebenberg (3/18) in 9.1 boulbeurte en Berno de Klerk (3/29) in 8 boulbeurte is die voorste boulers vir Volkies op die dag.

Themba Sontjane het 72 (65) vir Volkies geslaan. Foto: Esteè van Wyk.
Dian Liebenberg het drie paaltjies geneem.
Volkies se eerste krieketspan vier ‘n paaltjie.

Volkies was op ‘n stadium in die moeilikheid met die kolf, maar ‘n 72 (65) van Themba Sontjane en 36 (65) hulp hul uit die knyp.

Kobus Pienaar (51* van 39) eindig die kolfbeurt op ‘n hoë noot.

Vir Rustenburg is Zander Diedricks uitstekend met 5/33 in 9.4 boulbeurte.

 

Dewan Oberholzer van Potch Volkies het vir RHS kaptein, Logan Rossouw skoongeboul.
Zander Diedricks het 37 vir die besoekers aangeteken.

Volkies, wat algeheel tweede op die punteleer eindig, kom nou komende Saterdag (24 Februarie) teen Hoërskool Waterkloof in die Finsbury A-liga finaal in Pretoria te staan.

Twee naweke gelede was Waterkloof die oorwinnaar met 4 paaltjies. Nou is dit ‘n nuwe wedstryd en Volkies sal beslis uit hul foute leer om Waterkloof te verras.

Gesamentlik eindig Volkies derde in die Finsbury A-liga as die o.15’s se uitslae bygevoeg word. Waterkloof is eerste en Menlopark tweede algeheel.

*Volkies se o.15A’s het die afgelope naweek met 2-paaltjies teen Hoërskool Rustenburg gewen. RHS word vir 150 uitgeboul, danksy ‘n skitterende Volkie-boulvertoning. Riekert Kruger (3/19) en AW van der Merwe (3/28) skitter vir die Potchefstromers.

Kruger met 31 (60) is ook Volkies se top lopiemaker in ‘n naelbyt lopiejaagtog. Christiaan Verster (10* van 36 balls) en Sihle Duma (16 van 40 balle) hou kop om Volkies by die teiken te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button