Local news

Moordbeskuldige borgtog geweier

Werner De Jager is borgtog geweier waarna De Jager se regspan onttrek het.

Werner De Jager (45), aangekla van die moord op sy vrou, ds. Liezel De Jager, is gister, 22 Februarie, borgtog in die Amanzimtoti landdroshof geweier.

De Jager sou by Huis Hebron Potchefstroom Opheffingsprojek gehuisves word indien sy borgtog toegestaan is.

De Jager se advokaat André May en regsverteenwordiger Huibré Lamprecht, beide Potchefstromers, het hulself van die saak onttrek en De Jager sal nou moet aansoek doen om regshulp vanaf die staat te ontvang.

De Jager word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, ds. De Jager, oorrompel, verwurg, en toe keel-af gesny het. Dit word as ‘n moord met voorbedagte rade saak hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button