Local news

Koshuise raak kreatief by Canvas

Koshuise het vanaf gisteraand 18:00 tot vanoggend 06:00 aan hulle meesterstukke geverf.

Die jaarlikse Canvas byeenkoms by die Amfiteater van die NWU Potchefstroomkampus was soos gewoonlik ‘n viering van skeppende kuns met 14 koshuis-slepe wat unieke muurskilderye geverf het.

Vanaf 18:00 op Vrydag, 23 Februarie tot vroeg vanoggend op 06:00 op Saterdag, 24 Februarie wat hierdie koshuise besig om hul idees en konsepte lewe te gee. Die tema vanjaar is “Pieces Coming Together.”

Foto’s: Wouter Pienaar

Ricko Muller en Sulley Lombaard hard besig om pragstukke te maak. Foto: Wouter Pienaar
Dr. Corrie Rheeder, (regs) direkteur van studentelewe aan die NWU Potchefstroomkampus bekyk die muurskilderye.
Isabella Prinsloo van LaVaria Dameskoshuis.
Neil Bishop, Louis Breytenbach , Zandri Venter Manise Hattingh en Janco Joubert.
Juan Els en Sheldon Spear
Monya Engelbrecht en Eileen Matthee

NWU Kunste reel hierdie byeenkoms wat beslis een van die hoogtepunte op die kalender is.

Koshuise wat saam sleep het in skofte gewerk om sekere dele van die muurskilderye te voltooi.

Studente het bordspeletjies en videospeletjies gespeel terwyl hul, hul beurt afgewag het.

Volgens KSR Kunste voorsitter, Conner Beck, is daar vir 12 ure geverf met ‘n uur pouse waar daar na die vordering gekyk word van elke muurskildery.

“Die koshuise sing koshuisliedjies, daar word speletjies gespeel en daar was ook kunstenaars (Black Note, DIVACO, Nikotien) wat opgetree het. Canvas is elke jaar iets wat almal baie geniet.”

Die KSR Kunste-span vol energie by Canvas 2024.
Studente van Karlien vat ‘n breek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button