Local news
Vragmotor bars deur muur langs N12
Nooddienste was op die toneel en geen beserings is aangemeld nie.

‘n Trokdrywer wat mielies vervoer het vanmiddag (Vrydag, 1 Maart) omstreeks 14:30 deur ‘n muur gery op die N12 langs Ikageng op pad na Potchefstroom.
Die drywer het vermoedelik beheer oor die vragmotor verloor, ongeveer 250 meter na die Sarafinastraat ingang op die N12. Dit is nog onseker presies wat die ongeluk veroorsaak het. Nooddienste was op die toneel nadat hul 14:30 ontbied is. Geen beserings is aangemeld nie.

Verkeer vloei tans stadig op hierdie pad, maar die pad is oop vir verkeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.