Local news

Betogers versper N12

Betogers het ongeveer net na 06:00 die N12 naby die Rossstraat-afdraai met klippe en brandende bande versper.

Daar is tans ‘n betoging op die N12 waar brandende bande en klippe die pad in beide rigtings na Klerksdorp en Potch versper.

Die betogers is op die N12 in die rigting van Ikageng naby Harry’s Tyres op die hoek van die N12 en Rossstraat.

Volgens Fanie du Toit, VF Plus-raadslid in die Nasionale Raad van Provinsies, word motoriste gemaan om die area te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.

‘n Polisievoertuig en twee verkeersvoertuie is tans op die toneel.

Dit is nog onseker presies wat die rede vir die betoging is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button