Local news

Betogers versper N12

Betogers het ongeveer net na 06:00 die N12 naby die Rossstraat-afdraai met klippe en brandende bande versper.

Daar is tans ‘n betoging op die N12 waar brandende bande en klippe die pad in beide rigtings na Klerksdorp en Potch versper.

Die betogers is op die N12 in die rigting van Ikageng naby Harry’s Tyres op die hoek van die N12 en Rossstraat.

Volgens Fanie du Toit, VF Plus-raadslid in die Nasionale Raad van Provinsies, word motoriste gemaan om die area te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.

‘n Polisievoertuig en twee verkeersvoertuie is tans op die toneel.

Dit is nog onseker presies wat die rede vir die betoging is.

 

Related Articles

 
Back to top button