Local news

Tokkies meet kragte in driehoekige-reeks teen Risiville en Kruinpark

Laerskool Mooirivier het hul kwartaal met 'n opwindende rugby en netbalreeks op tuisveld afgesluit.

Laerskool Mooirivier het vir die eerste keer die Reinke/NTT Driehoekige Sportreeks die afgelope Saterdag (16 Maart) teen Laerskool Risiville (Vereeniging) en Laerskool Kruinpark (Secunda) aangebied.

Nicola Geldenhuys begin ‘n aanval vir Tokkies.

Al drie skole het in taai rugby en netbalwedstryde teen mekaar gekompeteer.

Tokkies se netbalspanne wen 11 uit die 16 wedstryde teen Risiville en Kruinpark. Op die Rugbyveld wen Tokkies 12 uit die 16 wedstryde met twee wat gelykop eindig.

Jy kom nie hier deur nie. Tokkies se o.10 A
rugbyspan verdedigers bring ‘n Laerskool Risiville
speler grond toe. Tokkies het die o.10A wedstryd
met 17-7 gewen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button