Local news

Reaksiespan laat misdadigers les opsê

Die drie misdadigers het verskeie gesteelde goedere in hul besit gehad.

Die gewapende reaksiespan van CB Security het Saterdag, 30 Maart drie verdagtes gearresteer wat gesteelde goedere in hul besit gehad het. Volgens ‘n insidentverslag is die rowers omstreeks 11:15 naby die Snowflake-gebou vasgetrek.
Volgens NW polisiewoordvoerder, Brig. Sabata Mokgwabone, is selfone, skoene en kontant by die verdagtes gekry. Die verdagtes het Dinsdag, 2 April in die Potchefstroom Landdroshof op aanklagtes
van roof en diefstal verskyn.

Twee van die verdagtes wat deur CB Security se reaksiespan gearresteer is. Foto: Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button