Local news

Reaksiespan laat misdadigers les opsê

Die drie misdadigers het verskeie gesteelde goedere in hul besit gehad.

Die gewapende reaksiespan van CB Security het Saterdag, 30 Maart drie verdagtes gearresteer wat gesteelde goedere in hul besit gehad het. Volgens ‘n insidentverslag is die rowers omstreeks 11:15 naby die Snowflake-gebou vasgetrek.
Volgens NW polisiewoordvoerder, Brig. Sabata Mokgwabone, is selfone, skoene en kontant by die verdagtes gekry. Die verdagtes het Dinsdag, 2 April in die Potchefstroom Landdroshof op aanklagtes
van roof en diefstal verskyn.

Twee van die verdagtes wat deur CB Security se reaksiespan gearresteer is. Foto: Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button