Local news

Pitbull-saak sal op 16 April voortgaan

Die eienaars van drie pitbull-honde wat hul huishulp, Dipuo Kokolosi, 25 Januarie 2022 verskeur het, het Dinsdagoggend, 2 April weer vlugtig in die landdroshof verskyn.

Daar is ooreengekom dat die saak na streekhof 2 by die Potchefstroom Stadsaal oorgeplaas word en dat die saak weer Dinsdag, 16 April sal voortgaan.

Die eienaars van die pitbull-honde, Chandré Mostert (née Van der Linde) en Marno Mostert word albei ingevolge die Wet op Diereaangeleenthede aangekla.

Daar word beweer dat hulle nalatig was. Die saak is sedert die eerste hofverskyning in Julie 2023 reeds verskeie kere uitgestel.

Dit sluit onder meer in tegniese probleme, tot ekstra klagtes wat by die klagstaat gevoeg is.

Die Mostert’s se huishulp, Kokolosi, wat op die dag van die voorval (25 Januarie 2022) vir hul gewerk het, is op hul perseel in Kockstraat aangeval. Die honde het haar neus, lip, en oorskulpe afgeruk en haar ook aan ander dele van haar liggaam gebyt.

Een van die staatsgetuies, Ziggy Abdullah, ‘n buurman, het op daardie dag tot Kokolosi se redding gekom en uit selfverdediging die honde doodgeskiet nadat hy ‘n waarskuwingskoot afgevuur het. Kokolosi het sedert die voorval talle rekonstruktiewe operasies ondergaan.

Haar volgende operasie vir haar wonde is by die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal vir 8 April geskeduleer. Sy is steeds in baie pyn en het fisiese- en emosionele letsels na die voorval.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button