Local news

Amateur-kunstenaars stal uit by Potch Museum

Die kunsstukke sal tot einde Mei uitgestal wees by Potch Museum.

Potchefstroom Museum spog tans met ‘n 100 kunsstukke geskep deur Potchefstroom se eie amateur-kunstenaars. Die openingsaand vir hierdie kunsstukke was Vrydag, 26 April. Die term, ‘amateur’, kan misleidend wees, want die kunstenaars het werklik gaste se harte geroer en dit was nie lank nie voor die eerste stukke reeds verkoop is.

Die amateur-kunstenaars is Lettie Van Rensburg, Meridy Coetzer, Hester Schutte, Malien Klaassen, Wanda Redelinghuys, Nelie Jordaan, Joria Smuts, Rinie, Lizette Cilliers, Alda Kotze, Isabelle De bruyn, Amarié, Ananda Engels, Barbara Joan Nelson, Marietjie Wolmarans, Marissa Moller-Wolmarans, JA Van Aswegen, René Engelbrecht, Corli Ackerman, Teresa O’Neil, Colette Lotz, Dalene Janse Van Rensburg, Marita Jacobs en Christiaan Krüger.

Die kunsstukke sal tot einde Mei 2024 beskikbaar wees vir besigtiging in die Potch Museum. Die museum is op die hoek van Gouws- en Wolmaransstraat en is oop Maandae tot Vrydae tussen 9:00 en 16:00.

Related Articles

 
Back to top button