Local news

Bafenyi vra Potchefstroom se hulp vir winter-uitreik

Kouse, mussies en sop-in-'n-houer word bymekaar gemaak om uit te deel aan die Bafenyi gemeenskappe.

Bafenyi wil in Junie ‘n winteruitreik hou waar hul sop-in-‘nhouer, mussies, en kouse aan hul gemeenskappe uitdeel.

Marilee Theron, betrokke by Bafenyi, vertel meer oor die projek. “Ons sien eerstehands hoe mense sukkel in die winter en het besluit om iets daaromtrent te probeer doen. Ons doel met die wintersprojek is om seker te maak ons gee vir almal iets klein wat kan help om die winter beter te maak.”

‘n Klein dogtertjie tydens ‘n vorige uitreik. Foto: Verskaf.

“Ons besef nie aldag dat iets eenvoudig soos ‘n mussie of lekker paar kouse ‘n groot verskil kan maak deur koue dae en aande nie,” sê Marileen. Bafenyi gaan al 11 van hul gemeenskapsgroepe in en om Potchefstroom bereik deur die projek. “Ons wintersprojek is al vir 4 jaar aan die gang, en elke jaar sien ons God se liefde en omgee vir Sy kinders.” “Die jaar beoog ons om vir 1 050 kinders en grootmense ‘n wintersitem te gee. Die grootmense kry lekker warm kouse en vir die kinders gee ons mussie wat hulle skool toe ook kan dra. Dit alles gaan te saam met ‘n ‘soup bottle’wat genoeg sop kan maak vir vier mense deur slegs warm water by te voeg,” verduidelik Marileen. Bafenyi het egter die gemeenskap se hulp nodig om vir almal kouse, mussies en sop te kan verskaf. 760 mussies word benodig vir die uitreik, asook 290 pare kouse. Items wat vir die sop-in-‘n-houer benodig word is ‘n pakkie sop, een steeds toegedraaide ‘stock’ blokkie, ‘n halwe koppie soppoeier/ mengsel, ‘n halwe koppie lensies en ‘n halwe koppie rys.

Kindertjies luister tydens ‘n uitreik. Foto: Verskaf.

Indien jy as vrywilliger wil optree tydens die uitdeel van die sop, mussies en kouse is jy meer as welkom. Donasies sal tot 27 Mei ingesamel word en tussen 1 tot 7 Junie uitgedeel word. Indien jy donasies wil afgee of as vrywilliger wil optree, kan jy Jeanne-Mari by 072 613 7671, Marileen by 082 327 2950 of Dineo by 082 611 5361 kontak.

Related Articles

 
Back to top button