HealthLifestyleLocal news
Gratis cappuccino as jy in Augustus bloed skenk
Die mense wat bloed skenk, kan uitsien na 'n lekker koppie cappuccino of warm sjokolade.
Het jy geweet jy kan ‘n gratis Wimpy cappuccino kry as jy van 5 – 11 Augustus 2024 bloed skenk?
#CupsForDonors is wanneer jy ‘n gratis cappuccino of warm sjokolade van Wimpy kry as jy tydens dié tydperk bloed skenk. Jou gratis cappuccino sal tot en met 31 Augustus 2024 geldig wees.
Moenie tyd mors nie, spring nou en gaan skenk bloed by die Potchefstroom se bloedbank in die Henco gebou, 99 Esselenstraat.
Hoekom moet ek bloed skenk?
- You bloed kan lewens red.
- ‘n Eenheid van bloed kan tot en met drie lewens red.
- Swanger vroue het soms tydens swangerskap en geboorte bloed nodig.
- Babas wat vroeg gebore word, het soms bloed nodig.
- Mense wat in motorongelukke seerkry het soms bloed nodig.
- Chirurgie en kankerpasiente het soms bloed nodig.




