Local news

Vervolging kom teen munisipaliteit oor Poortjie dam

Die direktoraat van omgewingsimpak en besoedeling het aangedui dat hulle met vervolging teen die munisipaliteit gaan voortgaan. 

The munisipaliteit blyk om in warm water te wees na die onlangse hofbevel om die riool wat in die Poortjie dam in vloei skoon te maak.

Na dié suksesvolle aansoek wat namens Clean up South Africa, deur André de Villiers (Scheepers & Aucamp Attorneys, Potchefstroom), Andreas Peens (Andreas Peens Attorneys, Koster) en Deoné Bothma (Booysen Attorneys Inc, Fochville) gebring is, het die direktoraat van omgewingsimpak en besoedeling aangedui dat hulle met vervolging teen die munisipaliteit gaan voortgaan.

 

Volgens Hans Jurie Moolman, DA raadslid, is die situasie by dam die laaste paar jaar, ‘n skending van mense se fundamentele regte.

“Mense in die omliggende area kon dit vroeër vir rekreasie gebruik en vandag is dit letterlik n riool dam. Ons is dankbaar dat  daar  gevolge is, en ook dankbaar dat die regstelsel in hierdie omstandighede begin om mense verantwoordbaar te stel,” het Moolman gesê.

Volgens Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, is die riool wat in die dam in vloei deur ‘n verstopte rioollyn en ontoeganklike waterlyn wat onder die dam loop veroorsaak.

“Die munisipaliteit het reeds begin planne maak om ‘n nuwe rioollyn te bou. Hierdie proaktiewe maatreël het ten doel om
verdere besoedeling van die dam te voorkom en afvalwaterbestuur te verbeter,” het Tshite gesê.

Volgens haar het die munisipaliteit reeds ‘n rehabilitasie plan ingedien.

“DIe Promosa riool pompstasie gaan opgradeer word as deel van ‘n langterminplan. ‘n Omvattende Omgewingsimpakstudie sal gedoen word om die omvang van skade wat deur die rioolstorting veroorsaak is te bepaal,” het TShite gesê.

Volgens haar sal die munisiplaiteit ook saam met die Noordwes universiteit werk om die probleem te probeer takel.

 

Court orders Poortjie Dam cleanup

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button