Local news

R25 000 se boetes tydens nasionale patrollie uitgereik

Min ernstige voorvalle in die streek aangemeld wat moontlik toegeskryf kan word aan die buurtwagte se hoë sigbaarheid.

Die AfriForum-buurtwagte het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 18 Oktober in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 01:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 206 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 4 320 km in 142 voertuie afgelê. Daar het ook 44 persone van ander instansies, soos die SAPD, GPF en sekuriteitsmaatskappye deelgeneem. Die buurtwagte wat deelgeneem het, was Bothaville, Sasolburg, Songloed, Hartbeesfontein, Potchefstroom en Stilfontein, asook die Hartbeesfontein-plaaswag.

Min ernstige voorvalle in die streek aangemeld wat moontlik toegeskryf kan word aan die buurtwagte se hoë sigbaarheid. In Hartbeesfontein het die buurtwag ’n padblokkade saam met die Matlosana-verkeersdepartement gehou waartydens R25 000 se boetes uitgereik is vir onder meer dronkbestuur, onpadwaardige voertuie en roekelose en nalatige bestuur.

“Ek is baie trots op hierdie Mooirivier-buurtwagte wat altyd bereid is om aan die nasionale patrollie deel te neem. Ek bedank ook elke patrolleerder wat elke nag bereid is om hulle tyd op te offer om na die veiligheid van hulle onderskeie gemeenskappe om te sien,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button