Gimmies vorder verder in Noordvaal toernooi
"Ons speel elke wedstryd asof dit ons laaste is en dit is n groot beloning vir ons seuns en skool om in die top-4 skole in die Noordvaal te kan wees,"
Gimmies se o.15 krieketspan het onlangs vir Marais Viljoen met 6 paaltjies in die Noordvaal kwarteind rondte geklop.
Marais Viljoen het eerste gekolf in is vir 122 uitgeboul. Gimmies het hulle kolwers ingestuur en maak 124/4 om die wedstryd te wen. Ulrich Botha teken 40 lopies aan en Lukas Kotze 31 het aangeteken.
Volgens Wian Lubbe, direkteur van Krieket by Gimmies, was hulle voorbereiding vir dié Easterns liga kampioene baie goed
“Die seuns het presies geweet wat elke speler vir hulle gaan bied. Ons het met ‘n wedstryd plan ingegaan en dit was beloon. Ons het ń baie sterk boulwerk span wat mekaar goed komplimenteer. Ons sien uit na die semi-finale en glo en vertrou ons seuns is op n goeie plek,” het Lubbe gesê.
Volgens hom het hy nog altyd geweet, dat die spelers in staat is om so ver in dié kompetisie te vorder.
“Ons speel elke wedstryd asof dit ons laaste is en dit is n groot beloning vir ons seuns en skool om in die top-4 skole in die Noordvaal te kan wees,” het hy gesê.
Gimmies speel Saterdag, om 09:00 tuis teen Garsfontein in die halfeindstryd.



