Local news

Bloedneus vir BELA – Protesaksie teen Bela wetgewing

Jy kan ook deel van die protesaksie word.

Op 5 November 2024 sal Solidariteit, Afriforum, verskeie politieke partye, ouers en lede van die gemeenskap ‘n protesaksie teen die Bela wetgewing uitvoer.

Die protes sal om 09:00 by die Voortrekker Monument in Eeufeesstraat, Pretoria plaasvind.

Dag van protes. #StopBela!
Datum: 5 November
Tyd: 09:00
Plek: Vanaf die Voortrekkermonument tot by Freedom Park
Kleredrag: Dra wit en oranje
Registreer hier: www.belaprotes.co.za

“Bela is die verbreking van die 1994-ooreenkoms. Solidariteit gaan nou die regering ontmoet by die plek wat die regering self gebou het om die oorgang van 1994 te simboliseer. Daarom stap ons op 5 November 2024 van die Voortrekkermonument na Freedom Park. Ons doen ’n beroep op jou, jou vriende en familie om in groot getalle op te daag,” het Solidariteit in ‘n verklaring gesê.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê Afriforum is hard aan die veg om te wen.

“Ons is vreeslik opgewonde vir die protes. Sover gaan meer as 3500 mense aan die protes deelneem.”

Lees meer hier oor hoekom Afriforum die Bela wetgewing teenstaan.

Kyk Afriforum se video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button