Local news

Hier is die nuwe brandstofpryse vir November

Die aanpassings is van krag vanaf middernag op Dinsdag 5 November.

Na verwagtng sal die branstofpryse op Woensdag 6 November vir die eerste keer in vyf maande weer styg.

In Oktober het beide die wêreldprys van diesel aansienlik gestyg en die randwaarde het verswak in vergelyking met September.

Die gemiddelde Rand/VSA Dollar-wisselkoers vir die tydperk 27 September 2024 tot 31 Oktober 2024 was 17,5301 in vergelyking met 17,6723 gedurende die vorige tydperk.

Henry van der Merwe, Voorsitter van Die Suid-Afrikaanse Petroleumkleinhandelaarsvereniging (SAPRA), het gesê, “Na ‘n lang tydperk van verligting weerspieël hierdie effense toename huidige verskuiwings in die globale en plaaslike brandstofmarkte. Alhoewel ons altyd vir stabiliteit pleit, is hierdie skommelinge ‘n inherente deel van die breër energie-landskap, en ons bly daartoe verbind om verbruikers en besighede deur hierdie tydperk te ondersteun.”

Brandstofprysaanpassings vir November 2024:

  • Petrol 93 ULP & LRP: 25.00 sent per liter verhoging
  • Petrol 95 ULP & LRP: 25.00 sent per liter verhoging
  • Diesel 0,05% Swael: 21.00 sent per liter verhoging
  • Diesel 0,005% Swael: 20,00 sent per liter verhoging

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button