Home & GardenKidsLocal news

Hoe om jou eie reënmeter te maak

Dit is 'n lekker projek vir die hele gesin.

In die buitelug is die perfekte plek om kinders (en volwassenes) nuwe dinge te leer. Ontdek die natuur op jou eie voorstoep deur ‘n reënmeter te maak.

Wat jy gaan nodig hê:

  • Ou plastiekbottel
  • Skêr
  • 100ml Water
  • Klippe om die bottel vas te pak
  • Kleefband
  • Swart merker
  • Houtpen
  • Liniaal

Stap 1

Sny versigtig die bokant van die plastiekbottel, ongeveer twee derdes van onder af, af.

Stap 2

Gooi 100 ml water in die bottel en merk dit reg rondom om ‘n beginpunt vir meting te skep.

Stap 3

Draai die boonste deel van die bottel onderstebo (haal die doppie af) en plaas dit binne-in die onderste deel. Plak dit met kleefband vas.

Stap 4

Geruik ‘n houtpen en merk 1cm-inkremente met die hulp van ‘n liniaal af. Plak dit dan aan die kant an die bottel vas.

Stap 5

Soek ‘n plek buite (in die oopte, weg van enige bome) om jou meter te sit.

Stap 6

Maak seker dat jou meter nie in die wind omwaai nie – as jy kan, druk dit in die grond en geruik klippe om dit stabiel te hou.

Stap 7

Gaan die reënmeter elke dag na. Meet hoeveel reën opgevang is en maak dan die bottel leeg. Hervul die bottel met 100ml water en sit dit terug in posisie.

Kyk ook hier na die video:

Bron: NTS

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button