Local news

NWU-alumnus as Mej Cosmo SA aangewys

Lebohang is tans besig met 'n doktorsgraad.

Noordwes-Universiteit (NWU) alumnus en PhD-student in menslike hulpbronbestuur, Lebohang Raputsoe, is onlangs as Mej Cosmo Suid-Afrika 2024 gekroon.

Sy het Suid-Afrika verteenwoordig by die eerste Mej Cosmo Internasionale-kompetisie wat van 14 September 2024 tot 5 Oktober 2024 in Viëtnam gehou is.

Mej Cosmo is ‘n internasionale skoonheidskompetisie wat in Augustus 2023 gestig is en in Oktober 2024 in Ho Chi Minh-stad, Viëtnam gehou is. Die kompetisie is deur UNICorp en UNIMedia gereël.

Lebohang het die Top 21 gehaal teen meer as 50 kandidate wat verskeie lande verteenwoordig onder andere Thailand, Filippyne, China, Venezuela, Indonesië, Verenigde State van Amerika, Zimbabwe en Italië.

Een van die hoogtepunte van die kompetisie was die Nasionale Kostuumskou, waar Lebohang met trots Suid-Afrika se lewendige erfenis ten toon gestel het. Haar pragtige uitrusting, ontwerp deur Hollywood Costumes, het ‘n Suid-Afrikaanse Diamant verteenwoordig, wat die land se kosbare skoonheid en veerkragtigheid simboliseer.

Die voormalige Mej SA 2023-finalis, beskou haarself as ’n transformasie-, progressie- en insluiting-aktivis, passievol oor bemagtiging met ’n fokus op die stimulering van intellektuele gesprekke deur ontwerp en kritiese denke. Sy bestuur jeugbemagtigings- en ontwikkelingsprogramme en het ook ‘n mentor geword vir jong kinders wat belangstel om internasionale modelle te word.

Die 25-jarige het gevorderde grade in bedryfsielkunde en arbeidsverhoudingebestuur en is tans besig met ‘n doktorsgraad.

Lebohang tydens die Mej Cosmo skoonheidskompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button