Local news

Moorivier Kersmark is om die draai

Die Kersmark is daagliks oop van 9:00 tot 20:00 en toegang is gratis.

Kerstyd kruip nader en dit is weer tyd vir familie, vriende en liefde. Hierdie jaar se Mooirivier Kersmark gaan dan ook juis hieroor.

Kom maak gerus ’n draai en beleef hierdie besondere tyd waar dit oor meer as net geskenke gaan. Ons 93 uitstallers se produkte is met liefde gemaak en bied ook ‘n groot verskeidenheid wat strek van onder andere opvoedkundige speelgoed, mansgeskenke, pragtige dekor-produkte, Kersversierings, juwele, heerlike eetgoed en vele meer.

Alles natuurlik teen sakpas pryse! Hier by Mooirivier Kersmark is daar selfs ietsie vir daardie persoon vir wie jy nooit weet wat om te gee nie. Jy kan ook nou reeds ‘n geskenkbewys koop vir ‘n geliefde om self iets by die mark te gaan uitkies.

Ons het die perfekte geskenke vir klein en groot. Deur die dag is daar die restaurant waar ligte etes beskikbaar is. Ons eie Tafel – ’n buffettafel met heerlike disse – sal ook soos oudergewoonte elke weeksaand tussen 17:30 en 19:30 sorg vir bekostigbare aandete.

Kom geniet dus gesellige saamkuier met ’n heerlike bord kos. Kom maak asseblief ’n draai tussen 28 November tot 7 Desember in Paryslaan, Bailliepark, Potchefstroom.

Die Kersmark is daagliks oop van 9:00 tot 20:00 en toegang is gratis. Onthou net: Sondag, 1 Desember is die mark gesluit en sluit ook Saterdag, 7 Desember om 16:00.

Ons sien met groot verwagting daarna uit om jou by hierdie jaar se Mooirivier Kersmark te ontvang!

Vir enige navrae, kontak Adèle Delport gerus by 018 290 7690.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button