EntertainmentLocal news

Toetsbestuur die nuwe luukse Chery Tiggo Cross

Die Chery Tiggo Cross is super modern en sal tot die mees tegniese persoon beïndruk.

Stel jou ‘n motor voor wat so luuks is dat hy self aansluit, sonder jou daarin. Dit skakel die lugversorging aan en koel die binnekant van die motor vir jou af, voor jy ry.

Met egte leersitplekke, sewe lugversorgers, 360°-kamera en aanpasbare spoedbeheer, sal die Elite-lyn jou volgende reis so gemaklik maak dat jy sal vergeet jy het langpad gery.

Die nuwe Chery Tiggo Cross 1.5 Turbo petrol is op 3 November deur Chery Potchefstroom bekend gestel. Die motor kan in verskeie kleure gekoop word. Daar is ook ‘n Elite- en Comfort-lyn wat verseker dat dit aan almal se behoeftes voldoen.

Die nuwe Chery Tigg Cross spog met ‘n ses jaar/ 60 000km diensplan, vyf jaar/ 150 000km vol meganiese waarborg en ‘n tien jaar/ 1 Miljoen kilometer enjin waarborg vir die eerste eienaar.

Die Chery Tiggo Cross is super modern en sal tot die mees tegniese persoon beïndruk met sy Android Auto waar jy jou Googlepadkaarte en Spotify-musiektoep op die motor se skerm kan werk.

Die hoofligte sit hulle self aan as dit donker word en die ruitveërs maak vanself seker jou voorruit is altyd skoon.

Die Elite-lyn spog met verskeie rymodus, ‘n sondak, blindekoldetektor en ‘n agterste kruisverkeerswaarskuwingsradar. Hierdie luukse en moderne motor is perfek vir die stad en die langpad.

Indien jy aansoek wil doen om die gelukkige eienaar van ‘n splinternuwe Chery Tiggo Cross te word, vat jou ID-dokument, drie maande se bankstate en drie betaalstrokies na Chery Potchefstroom wat ook deel is van die Eastvaal-multigroep wat ook Mahindra en Renault verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button