Polisielid in hof oor vervalsde siekbriewe
Die saak is in die hof tot volgende jaar uitgestel.
Naledi Millicent Mere (30), ’n administrasieklerk by Provinsiale Fasiliteitsbestuur, het op Woensdag 13 November in die Potchefstroom-landdroshof vir bedrog verskyn.
Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Mere het na bewering tussen 9 tot 13 September siek aangemeld en ’n verlofvorm saam met twee siekbriewe ingedien.
“Aanvanklike ondersoeke deur die teenkorrupsie-eenheid het aan die lig gebring dat alhoewel die beskuldigde die dokter gedurende daardie tyd besoek het, sy nooit as siek afgeboek is nie. Daar is verder vasgestel dat die dokter se handtekening op die siekbrief vervals was.”
Mere is op borgtog van R2000 vrygelaat en die saak is tot Donderdag 27 Februarie 2025 uitgestel.



