Local news

Kommer oor kinders wat in mynwater swem

Met Herald se besoek aan die perseel Maandag 18 November, was die plek verlate.

Groot bekommernis oor kinders se veiligheid heers onder die gemeenskap van Promosa nadat dit aan die lig gekom het dat jong kinders in die mynwater by OMV in Promosastraat swem.

Smittie Dee het op ‘n gemeenskapsgroep ouers attent daarop gemaak dat hulle kinders se gesondheid in gevaar is.

Volgens Dee swem die kinders nie net in die vuil mynwater nie, maar hulle drink ook daarvan. Kinders kan moontlik sonder toesig verdrink ook.

Ouers en gemeenskapslede het vinnig ingespring en voel sekuriteit moet deur die myn op die perseel geplaas word.

Elleck Kameel sê die chemikalieë in die water is baie gevaarlik en kinders moet gestraf word wanneer hulle van daar af kom.

“Daar is ‘n swembad vir die kinders, hulle kan eerder soontoe gaan.”

Pule Abu Mathikge voel dit is die ouers se plig om hulle kinders op te pas.

“My bekommernis is, wat doen die ouers? Hoekom pas hulle nie hulle kinders op nie? Daar is so baie dinge wat kan gebeur behalwe net ‘n kind wat verdrink of siek raak van die water.”

Thato Khumalo is een van die mense wat voel die sekuriteit moet opgeskerp word by die mynwater-area.

“OMV moet sekuriteit daar sit sodat hulle kinders kan blok. Jy keer ‘n kind nou om te gaan, môre gaan hy maar net weer.”

OMV kon nie vir kommentaar bereik word nie. Met Herald se besoek aan die perseel Maandag 18 November, was die plek verlate.

Foto geneem tydens Herald se besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button