Francois Charles Wymers (43) is geïdentifiseer as die man wie se liggaam Woensdag, 13 November in die spruit naby Walter Sisululaan gevind is.
Die spruit was gedeeltelik deur owerhede afgesper nadat Wymers se liggaam omstreeks 07:30 ontdek is.
Kolonel Adéle Myburg, polisiewoordvoerder, sê Wymers is intussen positief uitgeken en die geregtelike doodsondersoek duur voort.
Wymers is die seun van bekende oud onderwyseres, juffrou Julie Wymers.
Julie wou by navraag nie ‘n onderhoud aan die Herald toestaan nie.
Medelye het van oral af ingestroom en #justiceforvallie is ook op sosiale media begin.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



