Local news

Riool al vir drie jaar ‘n probleem by dokterspraktyk

Die personeel maak beurte om in te bel en die probleem aan te meld.

Rou riool wat al vir om en by drie jaar opstoot in Beyers Naudelaan, hou ‘n groot gesondheidsgevaar vir die besighede in die area in.

‘n Dokterspraktyk, waaronder ‘n sielkundige, dieetkundige en ‘n algemene praktisyn, sukkel al vir drie jaar om die probleem opgelos te kry. Daar is ook ‘n woonstel op die perseel en die inwoner van die woonstel moet elke dag saam met die reuk en rou riool lewe.

Die sekuriteitsbesigheid langsaan loop ook onder die probleem deur. Die personeel maak beurte om in te bel en die probleem aan te meld.

Hulle het al hulle wyksraadslid en AfriForum Potchefstroom gekontak in die hoop om hulp met die situasie te kry.

Heinricha Hodgson, DAraadslid van die wyk, het ook al als in haar vermoë gedoen om die situasie te probeer uitsorteer.

“Wat ook telkens gebeur is dat wanneer die riool sak, bly daar opdrifsels en selfs toiletpapier agter in die mense erwe. Hulle moet dan self betaal vir sanitasie want die munisipaliteit doen ook niks daaromtrent nie. Ek wil al huil as dit reën want dan begin die riool asook kragprobleme onmiddellik. Dis regtig belaglik,” vertel sy.

Alta Pretorius van AfriForum Potchefstroom het Maandag ook die perseel besoek asook ander persele waar die munisipaliteit besig was om te werk.

Een van die eienaars van die praktyk, Sylvia Kruger, het Woensdag nadat die munisipaliteit uitgegaan het om chemikalieë teen die reuk te gooi haar dankbaarheid teenoor Alta uitgespreek.

“Ons wil net vir Alta bedank vir die moeite wat sy gedoen het om te help om die situasie uit te sorteer.”

Die probleem word glo veroorsaak deur boomwortels wat in die pype groei. Die probleem sal dus nie opgelos word as die pype nie vervang word nie.

Navraag is by die munisipaliteit gedoen, maar ten tyde van publikasie is nog geen terugvoer ontvang nie.

Die parkering by die praktyk is toe onder die
rioolwater.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button