Local news
Owerhede verwyder boom wat in pad omval
Daar het gisteraand, 26 November hewige stormweer wat in Potchefstroom geheers.
‘n Boom het vannogend,27 November, op die hoek van Chris Hani en Kock Straat omgeval. Dit na hewige stormweer wat gisteraand, 26 November in Potchefstroom geheers het.
Dit het gedeeltelik die pad versper waarna plaaslike owerhede op die toneel gekom het. Die polisie en die munisipaliteit se departement van gemeenskapsveiligheid is tans besig om die boom uit die pad te verwyder.
Inwoners word gemaan om versigtig te wees wanneer hulle in dié area ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



