Local news

Man vas wat vrou in maag en been skiet

Die verdagtes het glo altwee vroue probeer vermoor.

Sonwabo Flenki (44) is Sondagoggend 24 November, te danke aan die Potchefstroom Flying Squad-lede se vinnige optrede, in hegtenis geneem. Dit net ‘n paar ure nadat hy glo twee vroue probeer vermoor het.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Flenki het glo in ‘n rusie met sy meisie (30) en ‘n ander vrou betrokke geraak.

“Flenki het ‘n vrou in die parkeerarea van ‘n kroeg net buite Rustenburg in die maag en been geskiet. Hy het ook probeer om sy meisie te skiet, maar die vuurwapen het wanfunksioneer. Daarna het Flenki met sy wit Volkswagen Polo van die toneel gevlug.”

Die voertuig is deur die polisie ‘n paar uur later in Klerksdorp opgespoor. Dit nadat Flying Squad-lede die voertuig op die R30-pad opgemerk en afgetrek het. Die beskuldigde is gearresteer en daar is op sy voertuig en ‘n vuurwapen beslag gelê.

Flenki het Dinsdag 26 November in die Rustenburg-landdroshof op twee aanklagte van poging tot moord verskyn. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op Donderdag 5 Desember.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button