Local news

Oud-Potchefstromer as Meneer Tiener SA 2024 aangewys

Aiden is egter nie net ’n talentvolle swemmer en mooi gesig nie, maar ook ’n briljante leerder.

Aiden Nel, ’n 18-jarige matrikulant aan Grey Kollege in Bloemfontein, is op 30 November by ’n glansgeleentheid by Vodacom World Events in Gauteng as die nuwe Meneer Tiener SA 2024 aangewys.

As Meneer Tiener SA sal Aiden se rol en plig wees om ander jongmense te mentor en te inspireer. Die kompetisie dien as ’n platform vir wenners om ’n positiewe verskil in hul gemeenskappe te maak en as rolmodel vir ander tieners op te tree.

“Ek het vir die Meneer Tiener SA kompetisie ingeskryf omdat ek glo dit ’n ongelooflike geleentheid is om jong Suid-Afrikaners te verteenwoordig wat passievol is oor hul drome, hetsy in akademie, sport of enige ander veld. Dit bied ook vir my die kans om uit my gemaksone te tree, my selfvertroue te bou en te leer by ander wat ’n visie vir positiewe impak deel. Ek hoop om ander tieners te inspireer om hul potensiaal te verwesenlik en hul doelwitte en drome onverskrokke na te jaag, ongeag die struikelblokke wat hulle in die gesig mag staar,” het hy gesê.

Aiden is ’n gebore Potchefstromer en was hoofseun van Potchefstroom Central School in 2019. Hy is ’n bekende in swemkringe en het reeds op 17-jarige ouderdom Suid-Afrika tydens die 15de Afrika Junior Swemkampioenskappe in Desember 2023 in Mauritius verteenwoordig.

Aiden is egter nie net ’n talentvolle swemmer en mooi gesig nie, maar ook ’n briljante leerder. Hy beplan om in Februarie 2025 sy nagraadse studie aan die NWU, Potchefstroomkampus, aan te pak as ’n BCom Geoktrooieerde Rekenmeester.

Aiden Nel tydens die Meneer Tiener SA kompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button