
ʼn Ongeluk wat vanoggend, 22 Desember, omstreeks 06:00 op die N12 tussen Klerksdorp en Potch plaas gevind het, het twee mense se lewens geëis.
Nog drie mense is deur ER24 en EMRS na Potchefstroom hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.
Dit blyk dat slegs een voertuig in die ongeluk betrokke was. Die bestuurder het glo beheer van die voertuig verloor waarna dit gerol het.
Die polisie is op die toneel vir verdere ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



