Local news

Kyk: Goue Gimmies-tradisie laat mense trane pik

Die video het mense emosioneel gemaak en duisende het kommentaar gelewer op die video.

Honderde mense het ‘n traan gepik toe hulle die video van Potchefstroom Gimnasium se Voetewas-tradisie kyk.

Die skool het dit as rou, emosioneel en baie spesiaal beskryf. Die Gimmie-raad het die voetewas-tradisie voortgesit en die graad 8’s van 2025 se voete gewas. Dit is hoe hulle die Gimmie-wordnaweek afgesluit het.

Die leerlingraad het dié optrede met die Bybelse daad waarin Jesus Sy dissipels se voete gewas het, vergelyk.

“In die Bybel word ook na die nederige daad om iemand se vuil voete te was, verwys. Jesus het gekies om Sy dissipels se voete te was. Met dié gebaar wou die Gimmie-raad vir die graad 8’s wys dat hulle vir hul omgee en hulle wil dien. Die boodskap aan die graad 8’s was om altyd nederig te bly en diensbaar te wees. Was mekaar se voete, lig mekaar op en bereik saam hoër hoogtes. Fokus op God se plan en trap diep spore waarin ander kan volg. Graad 8’s, mag hierdie die begin van ’n mooi en geseënde jaar vir julle wees,” het die skool gesê.

Die video het mense emosioneel gemaak en duisende het kommentaar gelewer op die video.

“Ek weet nie wie dit begin het of wanneer dit begin het nie, maar dit is een van die mooiste goed wat ek nou in 2025 gesien het. Ek is in trane. Mag die tradisie ‘n instelling bly,” het Dorien Dory Jacobsz Scheffer gesê.

“Dit is die mooiste tradisie, ek huil nou sommer. Mag Gimmies van krag tot krag gaan. Wat ‘n voorreg,” het Lydia Viviers op die plasing gesê.

Kyk na die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button