Local news

Dit is noodsaaklik om kontrole van jou voertuig te hou

“Die top drie kwessies wat ons oor die feesseisoen opgemerk het, was ondergepompte bande, verslete remskoene en gekraakte voorruite,” sê hy.

Jy het jou oë geknip en toe is dit 2025. Met al die geskarrel wat ‘n nuwe jaar bring, het jy al gestop en aan jou voertuig gedink?

Dit is deur lang vakansiepaaie, reënerige dae, kinders op en af ry skool toe en die gejaag in ‘n noodgeval.

TEPA (Tyre, Equipment, Parts Association), ‘n trotse affiliasie van die Kleinhandelmotorbedryfsorganisasie (RMI), beklemtoon ‘n deurslaggewende dog dikwels oorgesiene feit: elke voertuig op die pad dra by om ons ekonomie aan die beweeg te hou, of dit nou ‘n taxi is, ‘n afleweringsbussie, of jou gesinsmotor.

Daarom is dit nie net slim om jou wiele, waarop jy staatmaak te onderhou nie.

Volgens Vishal Premlall, nasionale direkteur van TEPA, is dit noodsaaklik om die jaar met ‘n voertuiggesondheidsondersoek te begin, veral as jou motor ‘n lang padrit oor die vakansie verduur het. Hy waarsku dat om jou motor se hulpkrete nou te ignoreer, sal beteken dat jy dalk later vir padbystand sal moet bel.

“Die top drie kwessies wat ons oor die feesseisoen opgemerk het, was bande met lae druk, verslete remskoene en gekraakte voorruite,” sê hy.

“Elkeen hiervan kan ‘n voertuig se veiligheid, hantering en betroubaarheid ernstig benadeel, wat nie net die bestuurder nie, maar ook passasiers en ander padgebruikers in gevaar stel.  Jy het ongetwyfeld uitgeput teruggekeer van die lang reis huis toe, so wees verseker jou voertuig is ook ’n bietjie verslete. Dit is wys om noodsaaklike komponente na te gaan en te let wanneer jou voertuig vir sy volgende diens moet gaan.”

Volgens TEPA is hierdie vyf dinge noodsaaklike om na te gaan:

  1. Bande met lae druk sal jou tref waar dit seermaak. Dit moet altyd volgens die vervaardiger se spesifikasies wees. As jy met lae banddruk ry, kan jy verlaagde brandstofdoeltreffendheid, benadeelde bandverrigting, ‘n aansienlik verminderde lewensduur en verhoogde risiko vir die bestuurder se veiligheid en die veiligheid van ander op die pad verwag. Wanneer ‘n band se lugdruk laag is, word die voertuig se hantering in die gedrang gebring en is daar ‘n verhoogde risiko van bandbreuk. Aan die ander kant is oor-opgepompte bande ‘n gevaar omdat daar ‘n verhoogde risiko van gly is. Oor-opgepompte bande is geneig om voortydig in die middel te verslyt, wat kan lei tot ‘n kleiner oppervlakte van die band wat met die pad kontak maak.
  2. Verslete loopvlakke is nie net riskant nie; hulle verander reënerige paaie in slip ‘n slide nagmerries. Jou bande is die noodsaaklike band tussen jou voertuig en die grond. Die loopvlak hou die pad vas terwyl jy ry en as dit nie diep genoeg is nie, verloor jou motor traksie en ly aan langer remtye. Vlak loopvlakgroewe maak dit moeiliker om die voertuig in nat weer te beheer en daar is ‘n groter risiko om te gly. Wanneer daar teen hoë spoed op nat paaie gery word, kan ‘n wig water tussen die band en die padoppervlak opbou. Die band verloor kontak en die voertuig reageer nie meer op stuur nie. Om jou veiligheid te verseker, meet die loopvlakdiepte as deel van jou gereelde voertuigonderhoud.
  3. Ligte: Stel jou voor jy ry geblinddoek. Dit is hoe ‘n stukkende of dowwe koplig vir aankomende verkeer voel. Gaan jou ligte na. Maksimum sigbaarheid terwyl jy bestuur is noodsaaklik. Optimale beligting laat jou toe om te sien en om gesien te word, wat die risiko van ongelukke verminder. Baie bestuurders wag totdat voertuigligte ophou funksioneer voordat hulle dit verander, sonder om rekening te hou met ‘n lig se agteruitgang oor tyd.
  4. Vloeistowwe: Vloeistowwe is die lewensbloed van jou motor. Die belangrikste om na te gaan is olie, remvloeistof, transmissievloeistof, enjinkoelmiddel, ruitveërvloeistof en kragstuurvloeistof.
  5. Voorruit: Daardie klein merkie op jou voorruit? Dit is nie net ‘n oogseer nie – dit is ‘n kraak wat wag om ‘n slegte dag erger te maak. Alhoewel herstel van ‘n voorruit goedkoper is as vervanging, sal herstel nie meer ‘n opsie wees as jy te lank wag en die skade het  versprei nie. Net omdat ‘n voorruit ‘n merk het, beteken dit nie dat dit heeltemal vervang moet word nie. Wat belangrik is, is om dit so gou moontlik te laat herstel nadat jy ‘n merk of kraak opgemerk het, om verdere skade te voorkom wat sigbaarheid kan benadeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button