Local news

Volkies troef vir Nelspruit in Finsbury kragmeting

Volkies kom Saterdag, 1 Februarie, teen Eldoraigne op tuis bodem te staan. 

Volkies het die afgelope naweek in hulle eerste Finsbury A-liga kragmeting, vir Nelspruit behoorlik geklop.
Volkies kolf eerste en stel ‘n teiken van 303 in hul 50 beurte. Hulle stuur vir Nelspruit in om Volkies se boulaanval te probeer stuit. Nelspruit word almal uitgehaal vir slegs 137 lopies Waarna Volkies met 166 lopies koning kraai.
Hermann Hesse saai verwoesting met bal in hand en behaal syfers van 5-16. Eduan van der Merwe (103 van 59) en Louis van Wyk (88 van 100) het tussen die twee kolwers meer as helfte van Volkies se totaal aangeteken.
Volkies se 1ste XI, skop hulle Finsbury veldtog goed af.
Volgens Wynand Schmitt, hoofafrigter van Volkies, is die Finsbury liga ‘n baie strawwe kompetisie.
“Dit is belangrik om goed te begin, dit help baie. Elke week is moeilik, daar is nie ‘n maklike wedstryd nie. Hopelik kan die seun voortbou en momentum hou vir die volgende wedstryde,” het Schmitt gese.
Volkies kom Saterdag, 1 Februarie, teen Eldoraigne op tuis bodem te staan.
Volkies se o.15A span het ook die kompetisie met ‘n 159 oorwinning teen Nelspruit afgeskop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button