Local news

Potchefstromers spring in om gesin te help

Die oorsaak van die brand is nog onbekend

“Hoe gaan jy aan na so iets in jou lewe? Ek is op ‘gemens’. Dit voel asof ek in ‘n hopie in ‘n donker kas kan gaan sit. Kort-kort kyk ek na my pols om die tyd te kyk net om te besef dat ek nie meer ‘n simpel horlosie het nie.”
Dit is die woorde van Adélle Jerling wie se gesin op 24 Januarie alles in ‘n huisbrand verloor het. Hulle huis in Geelhoutlaan het totaal afgebrand.
“Toe ek my hare kam kom ek agter daar is nie haarsprei nie. Ek het nie oorbelle of hangertjies nie. Die drie oorbelletjies in my ore is dit wat ek besit,” het Jerling gesê.
Omstreeks 11:00, Vrydag het die Jerling-gesin se nagmerrie begin toe Adélle die oproep gekry dat hulle huis in ligte laaie is. Die straat is gesluit terwyl die brandweer in samewerking met die weermag die brand onder bedwang probeer bring het. Volgens Jerling het die huis nog oor die naweek, Saterdag en Sondag gesmeul.
“Die bure laat weet kort-kort dat daar het ‘n muur ingeval, nog ‘n gedeelte van die dak het ingeval,” het Jerling Maandag aan die Herald gesê.
Die inwoners van Potchefstroom het nie op hulle laat wag nie en ‘n groot poging is van stapel gestuur om die gesin te help. Inwoners het basiese benodighede soos beddens, beddegoed, meubels en kombuisware begin bymekaar maak. Die gesin se huisinhoud is glo nie verseker nie maar die struktuur van die huis is wel.
“Daar word vermoed dat hulle die hele oorblywende struktuur gaan moet plat slaan en van voor af bou. Die ondersoek is nog nie afgehandel nie,” het Jerling gesê.
Volgens Adélle is die oorsaak van die brand nog onbekend. Die gesin het Dinsdag by tydelike behuising ingetrek, terwyl hulle wag vir die versekering om terugvoer te gee, maar die nood is nog groot vir dié gesin. Volgens Adélle is daar glo mense wat namens die gesin goedere insamel, maar dié goedere kom nie by hulle uit nie.
“Daar is baie mense wat nou uitkom en sulke goed doen tot hulle voordeel. Vir die inwoners en kollegas wat ons al gehelp het is ons baie dankbaar. Indien mense nog wil help met meubels en huisraad kan hulle my gerus kontak,” het sy gesê. Inwoners wat hulle weg oop sien om die gesin by te staan kan vir Adélle, direk kontak om te hoor waar die nood die ergste is. Haar nommer is 072 920 0788. Daar is ook ‘n Back-a-Buddy veldtog vir die gesin geloots. https://www.backabuddy.co.za/campaign/geelhout-huisbrand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button