Local news

Tokkies beste in die distrik

"Baie geluk aan die onderwysers, en al die skole met hulle mooi prestasies."

Tokkies is as die top akademiese kwintiel-4 skool in die Dr. Kenneth Kaunda distrik gekroon.
Die toekenning is tydens die onlangse Dr. Kenneth Kaunda District Education Excellence Awards aan die skoolhoof, Mnr. Jakkie van Vuuren, oorhandig. Die Dr. Kenneth Kaunda distrik sluit skole in onder andere, Potchefstroom, Klerksdorp en Wolmaransstad in.
Jua Jonker, ‘n graad ses-leerder by Tokkies het ook die toekenning vir die beste prestasie in Afrikaans: Huistaal ontvang.
“Enige akademiese prestasie, al is dit in die hoërskool, begin eintlik daar by die graad R’e wat die grondslag lê. Al die onderwysers wat hulle kant bring met akademie verdien die erkenning. Baie geluk aan die onderwysers, en al die skole met hulle mooi prestasies. Een ding wat ons nooit moet verloor nie is ons standaarde, ongeag wat van die departement af kom,” het Tokkies se skoolhoof gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button