Local news
Ons sal self – Inwoners maak self buurt veilig
Hulle het die veiligheid van die buurt in eie hande geneem.

Inwoners van Olivier en Jeugdstraat het ongeduldig geraak terwyl hulle vir die munisipaliteit gewag het en toe die veiligheid van hulle buurt in eie hande geneem.
Hulle het self ‘n stopteken opgesit en ‘n lyn geverf. Dié hoek is glo onveilig omdat motoriste net oorjaag.
Daar was glo al ‘n paar insidente waarby voertuie teen mure vasgery het en selfs een waar ‘n kind van ‘n fiets afgery is.
Roelf Botha het die stopteken geplant en Sonja Niemand het die lyn geverf.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.