Local news

Potch-duo wen tweede plek op Klein Paradys

Die wenner van die eerste seisoen van Klein Paradys is op 30 Januarie aangekondig.

Juan-Louis (28) en Elri (29), inwoners van Potchefstroom het die tweede plek losgeslaan op die gewilde realiteitsprogram Klein Paradys.

Die span het kykers en beoordeelaars verstom met hulle kreatiwiteit. Die program het ‘n prys van R1m gebied aan die span wat ‘n leë mikro-eenheid binne vier weke in ‘n vyfsterverblyf kan omskep.

Die eindresultate was indrukwekkend, met fyn detail, slim ontwerpe en innoverende ruimtes wat die beoordelaars en kykers gaande gehad het.

Juan-Louis is ‘n kinematograaf en Elri is ‘n argitek. Die twee is huisvriende en het gereeld saam met hulle vroue verskeie rehabilitasieprojekte aangepak.

Die wenner van die eerste seisoen van Klein Paradys is op 30 Januarie aangekondig. Lee-Ann en Johann was die wenners van die program.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button