Local news

Nuwe Netbalbaas wil Volkies beste in die land maak

"Die spel leer ons spanwerk, besluitneming, doelgerigtheid, menseverhoudings en wys absoluut GRIT," verduidelik sy. 

“Ons weet dit gaan nie oornag gebeur nie. Maar dis beslis die droom,” so sê Lizelle Erasmus wat onlangs as Volkie se nuwe Direkteur van Netbal aangestel is.

Die gebore en getoë Bloemfonteiner, het beslis die kennis om Volkie se netbal na nuwe hoogtes te vat. Sy is ‘n vlak 3 geakkrediteerde afrigter, ‘n provinsiale afrigter ontwikkelaar, dien op die Kenneth Kaunda streek en Noordwes netbal se rade en was in 2022-2023 die Varsity Sports tegniese bestuurder.

Sy is nie ook nie net in die raadsaal besig om Netbal te bevorder nie maar ook op die baan as afrigter.

“Ek het al ses spanne na nasionale kampioenskappe gelei, waar ons al ses keer met medaljes weg gestap het,” vertel sy.

Dié spanne was provinsiale en distrikspanne wat o.19 en o.21 spanne ingesluit het.

“Ek voel party dae nog bietjie ‘is this True?’ Ek, is net Lizelle. Hoe het dit gebeur maar ek weet hierdie reis is een wat die Vader oor besluit het. Elke netbal dogter moet voel sy hoort hier ongeag watter span sy speel. Ek droom oor goed afgeronde, gedissiplineerde dogters wat hul plek vol staan in elke wedstryd, op akademiese en sosiale vlak. Ek is opgewonde en so ongelooflik trots om by die Volkiespan aan te sluit,” het Lizelle gesê.

Dié voormalige leerder van Hoërskool Sentraal, in Bloemfontein weet dat netbal meer as net ‘n sport is, dit leer ook lewensvaardighede. Iets wat sy met behulp van die sport wil nastreef.

“Die spel leer ons spanwerk, besluitneming, doelgerigtheid, menseverhoudings en wys absoluut GRIT,” verduidelik sy.

Volkies is tans besig om hulle netbalbane op te gradeer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button