Local news

Gate in Peter Mokaba gevaarlik

Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees indien hulle in daardie rigting beweeg.

Gate in die pad op die hoek van Peter Mokaba- en Chief Albert Luthulistraat, by die Shell vulstasie, is dieper as wat dit voorkom.

Die gate is gevul met water en veroosaak dat motoriste die diepte daarvan onderskat. As gevolg van die gate, word verkeer soms vertraag omdat dit moeilik is om te draai en voertuie draai soms in aankomende verkeer in om die gate te vermy.

Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees indien hulle in daardie rigting beweeg.

Navraag oor wanneer die gate herstel sal word is by die munisipaliteit gedoen, maar ten tyde die publikasie is geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button