Local newsSensitive Content

Skolier staan vrou by na honde-aanval

Die trauma en die seer is baie erg. Ek is nie bang om weer te gaan stap nie, maar is beslis bietjie meer versigtig,

‘n Professor by die NWU is Vrydagoggend omstreeks 06:15 in Miederpark deur ‘n Boerboel aangeval. Dit nadat die hond by die erf uitgekom het terwyl Adri du Toit met haar hond verby die erf gestap het. “Die eienaar het vir my gesê dat hy per ongeluk die verkeerde knoppie op die afstandbeheer gedruk het.
Met die gevolg dat die hek oop gegaan het in plaas van die motorhuis,” het Adri
gesê. Volgens haar het die Boerboel eers vir haar hond gegaan, maar soos sy die Boerboel probeer afkry het, het die hond haar ook aangeval.

“Dit het in ‘n oogwink gebeur, ons kon nie keer nie, ek het net probeer om die hond van my hond af te hou,” sê sy.

Die eienaar van die Boerboel het tussenbeide getree en die hond weer in sy erf gekry. Adri se hond het teen die tyd by die straat af gehardloop. Sy was 3km van die huis af, met ‘n bebloede arm.

Adri saam met Annie van der Merwe van Ferdies wat haar bygestaan het na die aanval

 

“Ek was bang ander karre ry my hond raak, maar mense het gestop om te help. Daar was ‘n jong meisie wat vir die skoolbus gewag het, wat na die Boerboel weg is, aangekom het om te vra of sy kan help.” “Sy het vir my en my hond ontsmettingsmiddel gebring om aan ons wonde te sit. Sy het ook vir my ‘n lappie gebring om al die bloed en modder van my
arm af te vee,” vertel Adri. Volgens Adri stap sy en haar hond al vier jaar dieselfde roete en is dit die tweede keer wat so iets gebeur.

Adri se bebloede arm waar
die Boerboel haar beet
gekry het.

 

“Ek is nie kwaad vir die eienaar nie, hy het aangebied om vir alles te betaal, ek weet dit was ‘n ongeluk. Maar ek wil ‘n beroep doen op alle honde eienaars, veral die wat hulle honde in die voortuin aanhou, om ekstra versigtig te wees wanneer hekke oop gemaak word.” Die trauma en die seer is baie erg. Ek is nie bang om weer te gaan stap nie, maar is beslis bietjie meer
versigtig,” het sy gesê.

Die Herald het voorheen berig oor Professor Riaan Rheeder wat in 2022 deur twee honde in Kampstraat aangeval is, toe hy verby ‘n erf gedraf het. ‘n Ander vrou is ook in dieselfde straat deur twee
honde aangeval. Die saak teen die eienaars van drie honde wat ‘n huiswerker in Kockstraat vermink het, is steeds in die
hof. ‘n Kleuter is verlede jaar in Orkney deur honde dood gebyt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button